Mohammed se eerste openbaring

Mohammed se eerste openbaring was volgens Islam toe die aartsengel Gabriël aan die profeet Mohammed verskyn het en ’n vers uit die Koran aan hom geopenbaar het. Dit het gebeur in ’n grot met die naam Hira op die berg Jabal an-Nour, naby Mekka.

Volgens die sira, die biografie van Mohammed, het Gabriël aan hom verskyn en hom opdrag gegee om die eerste verse van soera 96 van die Koran te lees. Mohammed se ondervinding word in die Koran beskryf:

Die ingang tot die Hira-grot.
Dit is niks anders nie as ’n geopenbaarde openbaring – Een, Sterk in Mag, het hom onderrig, die Heer van Krag. Daarom het hy dan ook volmaaktheid bereik. En hy is in die hoogste punt van die horison; hy het nader en nader gereik; en hy was maar twee booglengtes verwyder, of selfs nog nader.

– Koran, Soera 53:4–9


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search